Gaan na inhoud

Biomolekule

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel moet skoongemaak of andersins verbeter word.
Hierdie artikel voldoen nie tans aan die hoë gehaltestandaarde waarna Wikipedia streef nie. Voel vry om self in te spring en verbeterings te maak, en verwyder hierdie kennisgewing ná die tyd. Vir meer hulp, sien die redigeringshulp. Daar is moontlik kommentaar in die artikel of op die besprekingsblad oor wat verbeter moet word.


'n Voorstelling van die 3D-struktuur van mioglobien. Dit wys alfa-helikse, voorgestel deur linte. Hierdie proteïen was die eerste struktuur wat opgelos is met X-straalkristallografie deur Max Perutz en Sir John Cowdery Kendrew in 1958. Hulle het 'n Nobelprys vir Chemie doorvoor ontvang.

'n Biomolekule of biologiese molekule is 'n losweg gebruikte term vir molekules wat in organismes aangetref word en wat noodsaaklik is vir een of meer tipiese biologiese proses, soos seldeling, morfogenese, of ontwikkeling.[1]

Biomolekules sluit groot makromolekules in, soos proteïene, koolhidrate, lipiede, en nukleïnesure, maar daar is ook klein molekules soos primêre en sekondêre metaboliete en natuurlike produkte. 'n Meer algemene naam vir hierdie klas stowwe is biologiese materiale. Biomolekules is 'n belangrike deel van lewende organismes. Biomolekules is dikwels endogeen,[2] (hulle word binne die organisme geproduseer),[3] maar organismes benodig gewoonlik eksogene biomolekules, byvoorbeeld sekere mikro- en makrovoedingstowwe, om te oorleef.

Tipes biomolekules[wysig | wysig bron]

Organiese molekules[wysig | wysig bron]

Organiese molekules is molekulêre verbindings wat gemaak word uit koolstof, waterstof, stikstof en soms swawel in lewendige organismes.

Koolhidrate[wysig | wysig bron]

Koolhidrate sluit in: suikers, glukose, stysels en sellulose.

Hulle word opgedeel in 3 basiese groepe:

  1. Monosakkariede (eenvoudige suikers) bv. glukose, galaktose en fruktose.
  2. Disakkariede (dubbelsuikers of 2 monosakariede) bv. sukrose (glukose+fruktose), laktose (glukose+galaktose) en maltose.
  3. Polisakkariede - kombinasies van monosakariede bv. stysels, chitien en sellulose.

Koolhidrate word opgebou uit waterstof (H), suurstof (O) en koolstof (C).

Funksies en biologiese belangrikheid van koolhidrate[wysig | wysig bron]

Proteïne[wysig | wysig bron]

Proteïne sluit in hormone, ensieme, nukleïnesure en vitamine en is die enigste organiese molekuul wat swawel, magnesium,fosfor en kalium kan bevat.

Proteïne bestaan uit die elemente, koolstof, waterstof, suurstof, swawel, fosfor, magnesium en stikstof.

Voorbeelde van algemene proteïne is miosien in vleis spierselle, kollageen in kraakbeen, keratien in hare en naels en hemoglobien in bloedselle.

Aminosure word gekoppel deur peptiedbindings:

  • 2 aminosure wat verbind word 'n dipeptied genoem
  • 3 aminosure wat verbind word 'n tripeptied genoem
  • meer as 3, maar minder as 50 aminosure wat verbind word 'n polipeptied genoem
  • meer as 50 aminosure saam word 'n proteïn genoem. Die kleinste proteïen is insulien en het 51 aminosure

Funksies en biologiese belangrikheid van proteïne[wysig | wysig bron]

  • 15% van protoplasma bestaan uit proteïne
  • Eenheidsmembrane en nukleusmembrane van selle bestaan uit proteïne
  • Ensieme en hormone is proteïen
  • Oortollige proteïne word as reserwe brandstof gebruik
  • Die nukleïnesure DNS en RNS is proteïne (genetiese/oorerflike materiaal)

Lipiede[wysig | wysig bron]

Lipiede (vette en olies) bestaan uit Koolstof (C), Waterstof (H) en Suurstof (O). 'n Lipied molekule bestaan uit 1x gliserol en 3x vetsure. Die verhouding H:O is baie groter as in koolhidrate.

Twee tipes lipiede met hul eienskappe:[wysig | wysig bron]

Versadigde vette (harde vette)[wysig | wysig bron]
  • vette van dierlike oorsprong
  • geen dubbelbindings tussen koolstofatome
  • verhoog cholesterolvlakke in die menslike liggaam
  • half-solied by kamertemperatuur
Onversadigde vette (sagte vette/olies)[wysig | wysig bron]
  • vette van plantaardige oorsprong
  • sommige koolstofatome het dubbelbindings
  • kan cholesterolvlakke verlaag
  • vloeibaar by kamertemperatuur

Funksie en biologiese belangrikheid van Lipiede[wysig | wysig bron]

Vette is 'n belangrike energiebron vir diere en plante - dit dien as hitte-isolators, skokbrekers en beskerm belangrike organe.

Wasse (Eng. wax) is ook vette. Bye bou korwe daarmee, voëls maak hulle vere waterdig en vetplante vorm kutikula om waterverlies te voorkom.

Fosfolipiede vorm die sterk dubbel binneste laag van selmembrane.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Bunge, M. (1979). Treatise on Basic Philosophy, vol. 4. Ontology II: A World of Systems, p. 61-2. link.
  2. Voon, C. H.; Sam, S. T. (2019). "2.1 Biosensors". Nanobiosensors for Biomolecular Targeting (in Engels). Elsevier. ISBN 978-0-12-813900-4.
  3. endogeny. (2011) Segen's Medical Dictionary. The Free Dictionary by Farlex. Farlex, Inc. Accessed June 27, 2019.