What do you think?
Rate this book
144 pages, ebook
First published March 1, 2013
Mamma se ek moet shuddup oor pads en pienk roll-on, want ons het dan nie geld vir meel en suurdeeg nie. So sy kan haar nie worrie oor my gekerm oor simpel goed nie. Ek weet ons vrek van die honger, maar 'n karretjiemeid kan droom. Droom kos niks.
Ek wil nie weer 'n kind begrawe nie. As 'n kind regtag honger is, vir 'n lang tyd honger gely het, dan huil nie die kwaai gehuil van 'n kind wat kos soek nie. Dis so vreemde gehuil, so hahaa-hahaa, dagin en daguit vir dae en dae aaneen. As hy stil raak, dan weet jy hy het opgegee. Dan kyk hy vir jou met ogies wat weet Mamma en Pappa kan nie die pyn wegvat nie.